SportSport

Gaan Gimmies plek in eindstryd verseker?

Potchefstroom Gimnasium se Mooivallei Sportterrein gaan Saterdag 24 Junie in ‘n hoërskole rugbykarnaval omskep word, wanneer die gesogte Virsekerbeker vir Luiperds Grootskole se halfeindstryde hier gaan plaasvind. Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Hoërskool Lichtenburg, Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Klerksdorp se beste rugby spanne gaan in verskeie ouderdomsgroepe mekaar die stryd aansê. In die groot eerstespan …

Potchefstroom Gimnasium se Mooivallei Sportterrein gaan Saterdag 24 Junie in ‘n hoërskole rugbykarnaval omskep word, wanneer die gesogte Virsekerbeker vir Luiperds Grootskole se halfeindstryde hier gaan plaasvind.

Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Hoërskool Lichtenburg,

Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Klerksdorp se beste rugby spanne gaan in verskeie ouderdomsgroepe mekaar die stryd aansê.

In die groot eerstespan halfeindstryde gaan Lichtenburg vir KHS takel en Gimmies as tuisspan vir Wesvalia in die tweede halfeindstryd aanvat.

Gimmies is beslis die gunsteling in hierdie wedstryd, nadat hulle nog onoorwonne in vanjaar se liga is.

Die groot wortel voor die spanne se neuse is ‘n plek in die uitkloprondtes van die Virsekerbeker, sowel as ‘n plek in die Luiperdsfinaal waar daar vir die Jacob Wilkens-trofee gespeel gaan word.

Eers gaan die fokus wel op hierdie Saterdag geskuif word waar kaptein George van der Westhuizen en sy troepe die Bruin Bere vanaf 12:25 op die A-veld gaan wil ore aansit.

Staatmakers hierdie seisoen om voor uit te kyk is Arno Gustafson op vasskopstut sowel as die bitter gevaarlike agterlyn wat Cravenweekspeler, Mitchelle van der Merwe en die haastige vleuels, Stephan Fourie en Johan Minnaar, insluit. Wesvalia het soms die geneigdheid om nes ‘n okkerneut moeilik gebreek te word, en ‘n speler soos Justin Basson kan op ‘n goeie dag skade veroorsaak met sy skopvoet.

Die voormalige Volkie, Anton Fuller, is ook een van Wesvalia se uitblinkers en hierdie losvoorspeler sal graag ‘n impak wil maak.

Dit sal wel verrassend wees as Gimmies nie hierdie wedstryd deurtrek nie, veral met tuisondersteuning en momentum aan hulle kant.

Ander spanne wat op die dag gerus dopgehou kan word, is Volkies se o.16A-span wat elke week van krag tot krag gaan en teen Wesvalia hul plek in vanjaar se eindstryd sal wil bespreek. Gimmies se o.15A-span gaan in ‘n taaie stryd teen Lichtenburg te staan kom.

A-veld bepalings:

08:00-09:10 o.16A Volkies vs Wesvalia

09:25-10:35 2de Gimmies vs Wesvalia

10:50-12:10 1ste Lichtenburg vs KHS

12:25-13:45 1ste Gimmies vs Wesvalia

13:45-14:45 o.15A Gimmies vs Lichtenburg

14:45-15:55 o.16A KHS vs Lichtenburg

15:55-17:05 2de Lichtenburg vs Volkies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button