SportSport

Kampioen van kampioene die naweek gekroon

Die Potchefstroom Rolbalklub is die naweek die fokuspunt van rolbal in Noordwes, wanneer die Kampioen van Kampioene-toernooi daar beslis word. In hierdie toernooi meet die klubenkelspel kampioene teen mekaar kragte om te bepaal wie die eintlike kampioen tussen die kampioene is. Rolbalspelers van die stad wat in aksie sal wees is die gasheerklub se Pierre …

Die Potchefstroom Rolbalklub is die naweek die fokuspunt van rolbal in Noordwes, wanneer die Kampioen van Kampioene-toernooi daar beslis word.

In hierdie toernooi meet die klubenkelspel kampioene teen mekaar kragte om te bepaal wie die eintlike kampioen tussen die kampioene is.

Rolbalspelers van die stad wat in aksie sal wees is die gasheerklub se Pierre Breitenbach (wat die titelhouer is) en Mina Carstens. Die Buiteklub se kampioene is Jackie Scheepers en Meshack Kali. Weermag se manskampioen is Mario Modisadife.

Ventersdorp, deel van die Tlokwe raad, se verteenwoordiger is Tinus Herbst. Spel begin Vrydag 30 Junie en die mans- en vroue finaal vind Sondag 2 Julie om 14:00 plaas.

Kom ondersteun hulle gerus en beleef hoe opwindend rolbal kan wees as kampioene mekaar aanvat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button