CommunityCommunityNewsPhoto Galleries

Kosmark sorg vir lekker warmte

Is die winter vir jou ’n tyd wat jy wil ontsnap van die koue en net wil hiberneer. Is daar niks wat jou kan warm maak nie?

Is die winter vir jou ’n tyd wat jy wil ontsnap van die koue en net wil hiberneer. Is daar niks wat jou kan warm maak nie?
Die Rooy Food Market het net die antwoord vir jou met hul geurige Maleisiese lamskerrie, aromatiese gluhwein en hoender briyani om jou warm te kry.
Die mark vind eerskomende Sondag, 30 Julie van 09:00 tot 15:00 by die Van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat in Potchefstroom plaas.
Plaaslike kunstenaars soos Trumpet in Wonderland en Nicola van Staden sal die atmosfeer vir die dag skep, terwyl jy van verskillende soorte kosse, drinkgoed en nageregte kan kies en keur.
Met produkte en disse soos interessante lekkernye, Hollandse krokette, beesstert met stampmielies en tradisionele skaap afval, verwelkom hierdie mark graag vegetariërs, vleiseters en suikerbeheptes.
Vir mammas en pappas wat rustig al die stalletjies wil besoek, is daar sandkuns en kuns kabouters vir die kleinspan. Daar is natuurlik ook ‘n springkasteel waarop hulle kan baljaar en van al die oortollige suiker kan ontslae raak voordat jul weer huiswaarts keer.
Daar is ook ‘n crafts-afdeling waar houtmeubels, handsakke en beursies van Vivage en Cotton Road en opvoedkundige speelgoed vir die jongspan te koop sal wees.
Verder sal Malcolm Cowan sy kuns uitstal en het die Bennie Boekwurms ’n groot verskeidenheid boeke om van te kies en te keur.
Die volgende Rooy Food Market word op 27 Augustus gehou.
Bring jou vriende en familie, want hierdie mark sal verseker die smaakknoppies laat bos gaan!
Vir nadere besonderhede kan Tania by 079 918 2092 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button