NewsNews

Gemeenskap moet saamwerk om glorieryke Eikelaan te red

Die eerste dooie boom het Dinsdag geval en dit merk die begin van ’n heel nuwe era vir die historiese Eikelaan in Potchefstroom. Baie van die bome in die Eikelaan is besig om dood te gaan. Planne van die Eikelaan-komitee, wat op die been gebring is om die Eikelaan vir die nageslag te red, is …

Die eerste dooie boom het Dinsdag geval en dit merk die begin van ’n heel nuwe era vir die historiese Eikelaan in Potchefstroom.
Baie van die bome in die Eikelaan is besig om dood te gaan. Planne van die Eikelaan-komitee, wat op die been gebring is om die Eikelaan vir die nageslag te red, is nou besig om te realiseer en die eerste stappe is reeds geneem.

Die komitee is ’n inisiatief van Erfenis Potchefstroom, in samewerking met die Potch-Tlokwe Sakekamer, die NWU, die munisipaliteit en ander rolspelers. Verlede week het die Sakekamer bekend gemaak dat die munisipaliteit 20 jong eikebome gaan aankoop om die dooie bome in die Eikelaan te vervang.

Daar is tans 40 eikebome by Steinfurt Boerdery in Rustenburg beskikbaar, waarvan die munisipaliteit 20 gaan aankoop. Die ander 20 bome is teen R800 per boom beskikbaar.

“As ons fondse kan kry om die ander 20 bome aan te koop, kan die munisipaliteit al 40 bome op een slag na Potchefstroom bring,” sê André de Villiers, ondervoorsitter van die Potch-Tlokwe Sakekamer.

Die Sakekamer vra dat besighede bydra om dié bome vir die Eikelaan te skenk. “As Potchefstroom saamwerk kan ons 40 nuwe bome hê wanneer die reën kom,” sê hy.
Dinsdag het die munisipaliteit die eerste dooie eikeboom in die Bult-area afgesaag om plek te maak vir ’n nuwe boom. Hulle poog om in die week voort te gaan om die res van die dooie bome te verwyder.
As deel van Boomplantdag gaan die eerste nuwe boom op 1 September in die Eikelaan geplant word.
Johan Visser van die parke-afdeling van die munisipaliteit sê hulle is baie opgewonde oor die projek en dat hulle hande met die Sakekamer kan vat om die Eikelaan te herstel.

Verdere projekte waaraan die Eikelaan-komitee werk, sluit die beskerming van die nuwe bome in deur elke boom te omhein om te voorkom dat mense teen die jong bome leun of daarteen vuurmaak.

Die Herald verneem ook van planne om plaveisel met gate in onder die bome op die Bult te lê, sodat gras daardeur kan groei en water sal deurlaat na die wortels van die bome.
Die Sakekamer beplan ook om die besproeiingstelsel, wat reeds langs die Eikelaan gelê is, te herstel.
Vir al die bogenoemde gaan die Eikelaan-komitee geld nodig hê. Om ’n bydrae te maak of om ’n boom te koop, kontak Lennie Gouws by 083 423 0394 of André de Villiers by 082 824 2617.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button