Vyfduisend kinders in Potchefstroom kry potlode
Nadat ’n groep weldoeners moontlik ’n rekord gebreek het deur vir twee kilometer ‘n band van 62 kg om te keer (‘tyre flip’), het 5 283 kinders in Potchefstroom nuwe potlode ontvang. Kyk die foto’s hier: Hierdie projek is geloods deur Toys for Africa, wat gestig is deur Danie van Loggerenberg. Toys for Africa toer …

Nadat ’n groep weldoeners moontlik ’n rekord gebreek het deur vir twee kilometer ‘n band van 62 kg om te keer (‘tyre flip’), het 5 283 kinders in Potchefstroom nuwe potlode ontvang.
Kyk die foto’s hier:
Hierdie projek is geloods deur Toys for Africa, wat gestig is deur Danie van Loggerenberg. Toys for Africa toer deur die land waar hulle geld insamel om potlode aan minderbevoorregte kinders te verskaf.
Op Dinsdag 1 Augustus het Van Loggerenberg en sy span saam met Toys for Africa se Potchefstroomse ambassadeurs, die oud-Springbok rugbyspeler André Pretorius en Claudine Kidson, ’n band omgekeer in die parkeerarea van Mooirivier Mall.
Hier is foto’s van die “tyre flip”
Daarna het hulle na verskeie skole in en om Potchefstroom gegaan om potlode vir die kinders uit te deel.
Die skole wat hierdeur gebaat het is Laerskool President Pretorius, Tshepo Primary, Keagile Intermediate, Witpoort Primary, Laerskool ML Fick, Ourief Primary, Loula Fourie Primary, Fikadibeng Primary en Berts Bricks Primary.






















