NewsNews

Bejaarde egpaar op plot beroof en gemartel

'n Bejaarde egpaar is vanoggend (17 Augustus) omstreeks 07:30 gemartel en beroof op 'n kleinhoewe in die Haaskraal omgewing.

‘n Bejaarde egpaar is vanoggend (17 Augustus) omstreeks 07:30 gemartel en beroof op ‘n kleinhoewe in die Haaskraal omgewing.

Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het twee verdagtes die 75 jarige eienaar van die eiendom in die huis in forseer waar hulle sy vrou aangetref het.

“Die man is ‘n paar keer met mes in die hand gesteek voor die verdagtes die egpaar se klere uitgetrek het,” het Chaka gesê.

Die man en vrou is met kookwater en warm olie gemartel terwyl die verdagtes kontant van hulle geëis het. Volgens Chaka, het hulle ‘n rewolwer en ‘n selfoon gesteel.

“Voor hulle gevlug het, het hulle plastiek gesmelt en die brandende plastiek oor die egpaar gedrup waarna hulle weg is van die toneel,” het hy gesê.

Paramedici van ER24 het die egpaar na Potchefstroom Hospitaal toe geneem vir behandeling.

Daar is nog niemand in hegtenis geneem nie en ‘n saak van huisroof word ondersoek. Chaka het die gemeenskap gemaan, dat as enige iemand inligting oor die voorval het om die polisie te skakel by (018) 299 7477

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button