NewsNews

140 kg se dwelms van die straat af

Die polisie het Sondagoggend, 13 Augustus omstreeks 08:00 op ongeveer 140 kilogram dagga en duisende rand kontant beslag gelê.

Die polisie het Sondagoggend, 13 Augustus omstreeks 08:00 op ongeveer 140 kilogram dagga en duisende rand kontant beslag gelê.
Twee buitelanders is op dieselfde dag in hegtenis geneem op aanklag van die besit van onwettige dwelms.


Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die beraamde straatwaarde van die dwelms sowat R500 000. Volgens haar het die polisie omstreeks 07:30 inligting ontvang dat die voertuig met die dwelms deur Potchefstroom gaan beweeg. Die N12 is dopgehou vir ’n grys bakkie. Hulle het die voertuig omstreeks 08:00 gesien en voorgekeer.
“Die voertuig is deursoek, waartydens hulle op die dagga en kontant afgekom het,” vertel Manyoba.
Die twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 40 jaar oud, het glo vir die polisie gesê dat hulle van Johannesburg af onderweg was na Kaapstad.
Volgens Manyoba kan daar dalk nog klagtes bygevoeg wat te doen het met die kontant wat in hulle besit gevind is. Die twee verdagtes het Woensdag in die landdroshof in Potchefstroom verskyn.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button