NewsNews

Riooldam in Fonteinstraat

‘n Dam van riool het onlangs buite ’n erf in Fonteinstraat ontstaan.

‘n Dam van riool het onlangs buite ’n erf in Fonteinstraat ontstaan.
Volgens Vincent Clarke, raadslid van die Vryheidsfront Plus, het inwoners van dié straat die Potch/Tlokwe Munisipaliteit al verskeie kere versoek om iets aan die probleem te doen, maar dit was onsuksesvol.
Dit blyk dat die rioollyn verstop is en veroorsaak dat die riool in die mangat opstoot. Volgens Clarke is die eintlike probleem steeds dat daar te veel druk op die rioolstelsel op die Bult en omliggende gebiede is.“Ontwikkelings word steeds net sommer goedgekeur en ’n grondkomitee is sedert die verkiesing nog nie gekies nie,” sê hy. Op dieselfde dag wat die Herald by die riool-gemors in Fonteinstraat was, is die toilette in die kleedkamers op Potchefstroom Gimnasium se sportgronde ook verstop. Die Herald het al verskeie kere oor rioolprobleme by dié sportgronde berig. ’n Groot gedeelte van dié rioolstelsel is sowat 60 jaar oud. Die Herald het verlede jaar berig dat daar dele van die stelsel is waar die volume-vermoë met tot 200% oorskry word.
Volgens ’n verslag aan die stadsraad wat die Herald destyds onder oë gehad het, is 71 persent van die woonstelle en meenthuise wat tussen 2004 en 2013 in die stad opgerig is, op die Bult gebou en is dié verdigting op die Bult die groot rede waarom die verouderde rioolstelsel so geweldig onder druk is. Luidens die verslag het die Bult-area astronomiese ontwikkeling in terme van die bou van woonstelle en ander studentebehuising ondergaan. Die Herald het verlede jaar berig dat die stadsraad R7 miljoen vir vanjaar begroot het om ten minste die stelsel in die Molen- en Rissikstraat omgewing te begin opgradeer.
* Volgens Willie Maphosa, munisipale woordvoerder, sal die munisipaliteit binnekort ’n kontrakteur kry om die probleem op te los.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button