NewsNews

Studentemeisie (19) in Dwarsstraat beseer na aanval

’n 19-jarige studentemeisie is Sondagoggend deur ’n man in haar meenthuis in Dwarsstraat aangeval.

’n 19-jarige studentemeisie is Sondagoggend deur ’n man in haar meenthuis in Dwarsstraat aangeval.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het twee verdagtes ’n ruit gebreek om toegang tot die woonstel te kry.
“Sy was in die slaapkamer toe hulle ingekom het,” vertel hy.
Volgens hom het een van die verdagtes bo-op die meisie gaan sit. Terwyl hy met een hand haar mond toe gehou het het hy met die ander hand haar klere probeer uittrek.
“Die verdagte het ’n stuk gebreekte glas gebruik om die meisie se klere te probeer afsny,” het hy gesê.
Sy het aanhou terug baklei tot sy uit die verdagte se greep kon kom waarna sy begin skree het.
“Die verdagtes het toe gevlug. Dit blyk dat daar gelukkig niks gesteel is nie,” het Chaka gesê.
Sy is na die voorval na haar bure toe wat Mooirivier Beskerming en die polisie geskakel het.
Die meisie is deur ER24 na Potchefstroom Mediclinic geneem om vir snywonde wat sy aan haar gesig, been en hand opgedoen het.
Diana King, woordvoerder van Mediclinic, het bevestig dat sy behandel is en later ontslaan is.
Die student het verkies om nie met die Herald oor die voorval te praat nie.
Volgens Chaka word ’n saak van huisroof ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button