NewsNews

Ongeveer 20 miljoen se skade na brande

Tien veldbrande oor die laaste twee weke het ongeveer R20 miljoen se skade aangerig toe sowat 16 000 hektaar verwoes is.

Tien veldbrande oor die laaste twee weke het ongeveer R20 miljoen se skade aangerig toe sowat 16 000 hektaar verwoes is.
So sê Kobus Roux, voorsitter van die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging (BBV).
Die brandweer, Working on Fire en BBV het verlede week Woensdag (16 Augustus) hulle hande vol gehad met vyf brande wat in die area in en om Potchefstroom gewoed het. Woensdag was daar gedurende die dag ’n sterk rookreuk in die stad as gevolg van die brande.
Volgens Roux het die brande naby die Ventersdorppad, Carletonvillepad, Viljoenskroonpad asook Lindiquesdrift voorgekom.
Dinsdag (22 Augustus) het die brande weer opgevlam naby Potchefstroom, Fochville en Carletonville.
Volgens Roux was daar brande op 12 boere se plase, waterwese en ’n gedeelte van Boskop Natuurreservaat.
Skade was meerendeels aan weiding. Niemand is dood of beseer nie.
Die sterk wind en droogte maak die area baie meer vatbaar vir brande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button