NewsNews

6-jarige verdrink in Potchefstroom dam

'n Sesjarige seun het op 2 September verdrink in die Potchefstroom dam.

‘n Sesjarige seun het gisteroggend (2 September) in die Potchefstroom dam verdrink.

ER24 paramedici het omstreeks 10:30 op die toneel gekom waar hulle die seun op die damwal gevind het. Volgens ER24 woordvoerder Werner Vermaak was ‘n man in sy boot op die water toe hy die kind se liggaam in die water sien dryf het.

Daar was niks wat paramedici vir die kind kon doen nie. Die presiese omstandighede rondom die kind se dood is onbekend maar die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel. Familielede van die kind was op die toneel.

*Hou die Potchefstroom Herald dop vir meer inligting hieroor.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button