NewsNews

Slagpalemoord: Verhoor begin

Die verhoor van drie mans en ‘n vrou wat vir die moord van mnr. Koos van der Leeuw, ‘n gesiene beesboer in die omgewing aangekla word, sal na verwagting op 18 September begin.

Die verhoor van drie mans en ‘n vrou wat vir die moord van mnr. Koos van der Leeuw, ‘n gesiene beesboer in die omgewing aangekla word, sal na verwagting op 18 September begin.
Dit nadat die saak in November verlede jaar al uitgestel is sodat twee van die verdagtes, Tefu Mohua en Samuel Motsi, wat probleme met hulle regsverteenwoordiging het, dit kon regstel.
Tefu Mohua, Samuel Motsi, Aida Lebaka en Bibi Nycamphalala word aangekla van onder meer moord en roof met verswarende omstandighede.
Die aanval vroegoggend by die Potchefstroomse slagpale op mnr. Van der Leeuw het skokgolwe deur die plaaslike gemeenskap gestuur.
Gewapende rowers het mnr. Van der Leeuw en sy vrou, Marietjie, omstreeks 06:00 by die slagpale oorval toe hulle daarheen gery het om ‘n kontant transaksie te beklink. Die rowers het sowat R77 000 kontant tydens die rooftog gebuit en mnr. Van der Leeuw in die kop geskiet, nadat hy een van die rowers geskiet het.
Marietjie het tydens die skietery in hul bakkie platgeval en gemaak of sy dood is. Sy was ongedeerd, maar die swaar gewonde mnr. Van der Leeuw het enkele ure later in die hospitaal gesterf.
Die rower wat hy geskiet het, is glo later in sy makkers se wegkomkar dood. Hulle het hom toe glo uit die voertuig gegooi, waarna die oorlede rower se familie ‘n lykbesorger betaal het om die liggaam te begrawe.
Mohua en Motsi is in 2015 op borgtog van R10 000 elk vrygelaat. Nycamphalala het nie om borgtog aansoek gedoen nie. Lebaka, wat geboorte geskenk het terwyl sy in aanhouding was, het verlede jaar vir die eerste keer om borgtog aansoek gedoen, maar is geweier.
Motsi het as ‘n drywer by die slagpale gewerk toe die rooftog plaasgevind het. Hy is tevore skuldig bevind aan gewapende roof en het vier jaar tronkstraf daarvoor uitgedien voordat hy op parool vrygelaat is, is tydens sy borgverhoor getuig. Hy was die dag van die rooftog laat vir werk.
Selfoonrekords wys glo ook al vier die beskuldigdes het kontak met mekaar gehad vóór en ná die rooftog, en dat hul selfone almal in die omgewing van ‘n selfoontoring naby die slagpale was toe die rooftog plaasgevind het.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button