NewsNews

Vyf leeus loop nog rond

Die Herald het verlede week berig dat ’n leeu verantwoordelik was vir die vang van ’n kalf op ’n plaas naby die Enselspruit silo’s.

Die Herald het verlede week berig dat ’n leeu verantwoordelik was vir die vang van ’n kalf op ’n plaas naby die Enselspruit silo’s.
Intussen het dit aan die lig gekom dat daar in totaal vyf leeus is wat in die area rondbeweeg.
Kapt. Ernst Appels, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie in samewerking met Captured in Africa, na die leeus soek.
“Die area waarin die leeus beweeg is groot en ruig. Ons het ook van verlede Vrydag af nog geen nuwe inligting oor die leeus gekry nie,” het Appels gesê.
Volgens Drew Abrahamson van Captured in Africa blyk dit dat daar een mannetjie en vier wyfies in die area is.
“Hulle kom heel moontlik almal van dieselfde plek af, daarom beweeg hulle saam,” het sy gesê.
Volgens haar is dit moontlik dat die leeus in ‘n onwettige telery gebruik is, omdat niemand nog die leeus opgeëis het nie.
“Dit is onmoontlik om te sê wanneer die leeus gevang kan word, maar sodra hulle gevang is, sal hulle na ’n reservaat geneem word om daar gehuisves te word,” het sy gesê.
Dorah Ramohladi, ’n inwoner van Kokosi, het gesê dat sy nog nie die leeus gesien het nie maar dat sy hulle al hoor brul het.
“Ek vrees vir my lewe omdat ek nie weet waar hulle is nie,” het sy gesê.
Volgens Abrahamson moet mense wat die leeus sien, dadelik die polisie in kennis stel en nie die leeus jaag nie.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/38570/video-rondloper-leeu-het-almal-aan-die-raai/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button