NewsNews

Vyf beseer na voertuig in sloot beland

Vyf mense is vanoggend (20 September) omstreeks 08:30 beseer nadat die voertuig waarin hulle was binne 'n sloot op die Carletonvillepad beland het.

Vyf mense is vanoggend (20 September) omstreeks 08:30 beseer nadat die voertuig waarin hulle was binne ‘n sloot, ongeveer 15km buite Potchefstroom op die Carletonvillepad, beland het.

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, het paramedici op die toneel gekom waar al vyf insittendes reeds uit die voertuig verwyder is.

“Gelukkig was daar nie baie ernstige beserings nie,” het Meiring gesê.

Al vyf mense is op die toneel behandel waarna hulle na Potchefstroom hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button