NewsNews

Koöperasiestories maak ‘n draai by die Aardklopfees

Burgemeester Genis is beswaard. Diep beswaard. Daar is mense wat sonder eer aan die volgende plaaslike verkiesing deelneem, die dorpsbestuur is in wanorde en die regering is net daar vir sekere mense om hulle sakke te vul… Sandra Prinsloo, wat ook die regie van Du Plessis se Sophia Mentz beredder haar boedel en Teerling behartig …

Burgemeester Genis is beswaard. Diep beswaard. Daar is mense wat sonder eer aan die volgende plaaslike verkiesing deelneem, die dorpsbestuur is in wanorde en die regering is net daar vir sekere mense om hulle sakke te vul…
Sandra Prinsloo, wat ook die regie van Du Plessis se Sophia Mentz beredder haar boedel en Teerling behartig het, is die regisseur.
Du Plessis se bekende stories speel af in ‘n kleindorpse-omgewing. Dis ‘n vorige era, maar soos tipies aan al sy werk, is die karakters en hulle probleme tydloos. Ons herken onsself in die skynheiligheid, geskinder en onderlinge twis van die karakters. Onderliggend bly egter die deernis. Dis volksteater, vol lag en bietjie traan.
Rolverdeling:
Marion Holm, meer bekend vir haar eenvrouvertonings, is saam met Chris van Niekerk, Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla), die veelsydige Wessel Pretorius, en Carel Nel te sien in die rolverdeling.
Van Niekerk het jare terug op TV die “kakkerlak-ondersoeker” gespeel. Volgens hom is dit “nou ‘n werklike eer om die keer in die verhoogproduksie in die briljante Emgee Pretorius se voetspore te volg en die rol van die amper siniese Veldsman te vertolk.”
Vir Holm is dit heerlik om saam met ander akteurs te werk en nie alleen, soos met haar eenvrouvertonings nie. “Die feit dat daar ‘n teks, regisseur, stel- en kostuumontwerper, en vervaardiger is, laat my voel ek is in Hollywood!”
Volgens Pretorius is “Oom P.G. se stories my kinderdae, my ouers, my ooms en tannies, die kuns van luister en oorvertel en die lui Sondagmiddae van braaivleisrook. Ek dink daar is min dinge so Afrikaans soos Koöperasiestories – die dorpie en sy mense met hulle teenstrydighede, voorbehoude en voorliefdes, maar veral warmte. Ek kan ook dan nie aan ‘n beter groep mense en storievertellers dink as onder andere Marion Holm en Chris van Niekerk om lewe te gee aan Du Plessis se volksbesit nie. En dit nog onder die ervare en sensitiewe leiding van die meesterlike Sandra Prinsloo.”
Oorsponklike teks: P.G. du Plessis
Verwerking: Alexa Strachan
Regie: Sanda Prinsloo
Ontwerp: Juanita Ferreira
Kostuums: Anel Kleynhans
Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp
Vervaardig deur Margit Meyer-Rödenbeck en Alexa Strachan
Met: Chris van Niekerk, Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Wessel Pretorius en Carel Nel.
Ondersteun deur die LW Hiemstra Trust, Nati, Atterbury Trust, Tygervalleisentrum, Dairy Exchange, en Hollywood Costumes.
Mediavennote: RSG, Huisgenoot en Tygerberg
Aardklop:
Beeld/Netwerk24 Ouditorium
Dinsdag 3 Okt om 16:00 & 20:00
Woensdag 4 Okt om 10:00
Vrydag 6 Okt om 15:00
Saterdag 7 Okt om 09:30
Kaartjies by Computicket beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button