NewsNews

Herald joernalis ryg toekennings vir sport in

Die sportjoernalis van die Potchefstroom Herald, Wouter Pienaar, het onlangs met twee toekennings weggestap by die 2017 Noordwes Sport Toekenningsfunksie wat by Rio Casino in Klerksdorp gehou is.

Die sportjoernalis van die Potchefstroom Herald, Wouter Pienaar, het onlangs met twee toekennings weggestap by die 2017 Noordwes Sport Toekenningsfunksie wat by Rio Casino in Klerksdorp gehou is.

Wouter het die prys gewen as beste sportjoernalis in gedrukte media en is ook as fotograaf van die jaar aangewys. Wouter het in 2015 as sportjoernalis by die Herald aangesluit, waarna hy reeds verskeie toekennings by onder meer die Caxton Excellence Awards en die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste ingepalm het.

“Dit was regtig ‘n ongelooflike ervaring om op die verhoog te kon stap en vir ‘n slag nie die een te wees wat die foto moes neem nie,” sê hy spottend. “Ek bedank almal wat beide ‘n professionele en persoonlike bydrae in my tyd tot dusver as sportjoernalis gelewer het.

“Dit is werklik ‘n groot passie en om toekennings te kry, bestempel net die talent en krag wat die Here vir my gee.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button