SportSport

Luiperds bespreek plek in Curriebeker Eerste Divisie eindstryd

Die Luiperds het vanmiddag op die Bosman Stadion in Brakpan teen die Valke hulle sokkies opgetrek en die tuisspan met 26-23 in die Curriebeker Eerste Divisie halfeindstryd geklop. Sodoende het hulle verlede week se 44-19 nederlaag teen dieselfde Valke-span geheel en al agter die rug gesit en bewys hoe gevaarlik ‘n “gekweste Luiperd” kan wees …

Die Luiperds het vanmiddag op die Bosman Stadion in Brakpan teen die Valke hulle sokkies opgetrek en die tuisspan met 26-23 in die Curriebeker Eerste Divisie halfeindstryd geklop.

Sodoende het hulle verlede week se 44-19 nederlaag teen dieselfde Valke-span geheel en al agter die rug gesit en bewys hoe gevaarlik ‘n “gekweste Luiperd” kan wees met hierdie ommekeer in slegs ‘n week se tyd.

Vir die Luiperds het Loftus Morrison twee drieë gaan druk, met Juan Language en Gene Willemse wat die ander drieë ingepalm het.

Gerhard Nortier het terug in die nommer 10 trui drie belangrike doelskoppe oorgeklits.

Vir die Valke het Andries Schutte en Warren Potgieter agter die pale gaan kuier. Potgieter het ook drie strafskoppe en twee doelskoppe oor die pale geskop om vir ‘n naelbyteinde te sorg.

Die Luiperds sal nou wag vir die ander halfeindstryd wat môre (Saterdag, 14 Oktober) tussen die Boland en die Griffons plaasvind om te behaal of hulle tuis teen Boland of weg teen die Griffons sal speel.

Lees meer oor dié wedstryd en die komende eindstryd in Donderdag se Potchefstroom Herald.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button