CommunityNews

Potchefstroom kunstenaars staan saam vir Eikelaan

Kunstige Potchefstromers van oud tot jonk het op Dinsdag 7 November bymekaar gekom om deel te neem aan die Kunsvereniging se jaarlikse groot kunsuitstalling.

Kunstige Potchefstromers van oud tot jonk het op Dinsdag 7 November bymekaar gekom om deel te neem aan die Kunsvereniging se jaarlikse groot kunsuitstalling.

Die voorsitter van die eikelaan belangegroep, Lennie Gouws.   FOTO: Marianke Saayman
Die voorsitter van die eikelaan belangegroep, Lennie Gouws. FOTO: Marianke Saayman

Vanjaar se uitstalling het wel uitgestaan bo die vorige jare, aangesien die tema gefokus het op die oorlewing van die historiese eikelaan.

Marnus Botha en Marguerite Boshoff was twee van die beoordelaars en Henro de Beer en Hardus Malherbe het ook hul projek uitgestal.   FOTO: Marianke Saayman
Marnus Botha en Marguerite Boshoff was twee van die beoordelaars en Henro de Beer en Hardus Malherbe het ook hul projek uitgestal. FOTO: Marianke Saayman

Die uitstalling het verskeie wonderlike werke opgelewer, elkeen in ’n ronde formaat (aangesien ’n boom van bo af ’n ronde vorm het). Daar was van professionele kunstenaars tot laerskool kinders wat iets geskep het ter bewusmaking van die eikelaan. Die jongste uitstaller is die agtjarige Anke Bornman van Laerskool Mooirivier.

Anke Bornman (8), jongste uitstaller, by haar kunswerk.   FOTO: Marianke Saayman
Anke Bornman (8), jongste uitstaller, by haar kunswerk. FOTO: Marianke Saayman

Karen Puren van die NWU se tweedejaar stads- en streekbeplanningstudente het ook ’n projek oor die eikelaan gehad en dié projekte is ook by die uitstalling uitgestal. ’n Groep honneurs-studente in joernalistiek het ook ’n projek oor die eikelaan gedoen, waar hulle artikels geskryf het en video’s gemaak het.

Jaco-Mari Futcher, Liezil Huyser en Raynique Meyer is drie van die joernalistiekstudente wat stories oor die eikelaan geskryf het. Die ander groepslede, Anje de Wet en Johané van den Berg, kon nie die geleentheid bywoon nie.   FOTO: Marianke Saayman

Dié stories kan gevind word by: https://potchefstroomeikel.wixsite.com/eikelaning

Henko Lourens en Elrette Geyer geniet die kunswerke.   FOTO: Marianke Saayman
Henko Lourens en Elrette Geyer geniet die kunswerke. FOTO: Marianke Saayman
Chané Mc Nicol, Francois Lombard, Melt Hamman en Rüderick Heuer het na hul vriende se werke kom kyk.   FOTO: Marianke Saayman
Chané Mc Nicol, Francois Lombard, Melt Hamman en Rüderick Heuer het na hul vriende se werke kom kyk. FOTO: Marianke Saayman

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button