
Lede van die Potchefstroom Dienssentrum is op Donderdag 26 Oktober genooi vir ’n bederfoggend by Potchefstroom Akademie, waar hulle heerlike hand-, voet- en beenmasserings gekry het deur die terapeute se studente en dosente.
Die bejaardes is ook met ’n verwelkomingsdrankie by die Cantina, Potch Akademie se restaurant, bederf.
Hulle het die oggend baie geniet en danksy Potch Akademie, sommer baie ontspanne gevoel.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

















