NewsNews

Munisipaliteit gewaarsku oor laat rekeninge

“Dit is ‘n werkslading-probleem wat deur die munisipale bestuurder veroorsaak is.” So sê die DA se koukusvoorsitter, Hans Jurie Moolman, in reaksie op die munisipale rekeninge wat die afgelope paar maande eers die 20ste by mense uitgekom of selfs glad nie.

“Dit is ‘n werkslading-probleem wat deur die munisipale bestuurder veroorsaak is.”
So sê die DA se koukusvoorsitter, Hans Jurie Moolman, in reaksie op die munisipale rekeninge wat die afgelope paar maande eers die 20ste by mense uitgekom of selfs glad nie.
Die Herald het verskeie boodskappe, e-posse, en SMS’e ontvang van inwoners wat die probleem ervaar. Een inwoner het aan die Herald gesê dat hy vir die afgelope drie maande nog glad nie ’n rekening van die munisipaliteit ontvang het nie.
Volgens Moolman het DA raadslede die munisipale bestuurder gewaarsku dat daar probleme gaan ontstaan nadat vier beamptes geskors is.
Twee beamptes het daarna besluit om op pensioen te gaan, terwyl die ander twee van korrupsie aangekla is. Eers is albei beamptes skuldig bevind tydens ’n interne dissiplinêre verhoor, maar later het die South African Local Government Bargaining Council (SALGBC) bevind dat een van die beamptes onskuldig is en moet terugkeer werk toe. Moolman is kort nadat hy die skorsing van die beamptes ’n heksejag genoem het, deur die munisipale bestuurder as ’n chauvinis bestempel omdat hy glo probleme het met ‘n vrou wat in beheer is.
Die ANC se hoofsweep, Mpho Matsapola, het na die tyd gesê dat die DA net korrupsie raaksien as dit onder swart beamptes is.
Moolman sê die moeilikheid is nou hier, sy moet antwoorde gee.
Volgens hom kan die situasie wel toegeskryf word aan ‘n heksejag van amptenary wat sy geglo het inligting aan ander politieke partye gegee het.
Volgens hom moet inwoners maar munisipale kantore toe gaan om uit te vind wat hulle skuld. Hy raai inwoners wat hierdeur geraak word, om briewe aan die munisipaliteit te rig en hulle misnoeë te kenne te gee.
* Teen druktyd het die munisipale woordvoerder steeds nie op die Herald se versoek op kommentaar oor die laat rekeninge, gereageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button