Op Vrydag 8 Desember is ʼn onderwyser van Promosa Primêr oorlede na ʼn kop-teen-kop botsing waarin vyf ander mense ook beseer is. Die ongeluk het Vrydagmiddag op die N12, sowat 18km buite Potchefstroom plaasgevind.
Toe ER24 paramedici op die toneel kom, het die meeste van die pasiënte met ligte tot matige beserings op die toneel rondgeloop. Die onderwyser het steeds op die agtersitplek van die een motor gelê. Sy het verskeie beserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn privaathospitaal in Johannesburg vervoer, waar sy later oorlede is.
Die res van die pasiënte is na Potchefstroom Hospitaal vervoer waar hulle verdere behandeling ontvang het.
Lees meer in Donderdag 14 Desember se Herald.



