NewsNews

Niemand nog in hegtenis na rooftogte

Twee huisrooftogte het Donderdagmiddag 11 Januarie in Potchefstroom plaasgevind. In albei gevalle is die slagoffers met wapens gedreig. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het twee verdagtes omstreeks 14:50 by ’n huis in Pheasantstraat ingebreek. “Die slagoffer is ’n 65-jarige vrou wat ten tyde van die inbraak by die huis was,” het hy gesê. Volgens hom …

Twee huisrooftogte het Donderdagmiddag 11 Januarie in Potchefstroom plaasgevind. In albei gevalle is die slagoffers met wapens gedreig.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het twee verdagtes omstreeks 14:50 by ’n huis in Pheasantstraat ingebreek.
“Die slagoffer is ’n 65-jarige vrou wat ten tyde van die inbraak by die huis was,” het hy gesê.
Volgens hom het die vrou gedink dat dit haar man is wat terugkom nadat hy gaan inkopies doen het.
Die twee verdagtes, een met ’n piksteel in die hand, het die vrou in die badkamer ingedwing.
“Hulle het kontant en vuurwapens geëis. Sy het by die verdagtes gepleit om haar nie seer te maak nie,” het Chaka gesê.
Een van die verdagtes het die vrou met die plat hand geklap voordat sy die paniekknoppie kon druk.
Mooirivier Beskerming en haar man het kort daarna by die huis opgedaag.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die verdagtes met verskeie elektriese toestelle van die toneel gevlug. Volgens Chaka is niemand nog in hegtenis geneem nie.
In ’n voorval vroeër die dag is ’n huishulp omstreeks 13:00 in Suikerbosstraat in Miederpark deur drie verdagtes, wat hulself as elektrisiëns voorgedoen het, oorval. Volgens Chaka het die verdagtes haar met ’n mes gedreig, waarna hulle elektroniese toestelle en juweliersware gesteel het.
Die verdagtes het te voet gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Twee sake van huisroof word ondersoek. Kol. Marilette Myburgh, waarnemende stasiebevelvoerder, het huishulpe gemaan om nie mense in die huis toe te laat wat hulle nie ken nie.
Daar moet altyd eers met werkgewers bevestig word voordat vreemdelinge in die huis toegelaat word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button