NewsNews

‘Voordeurbende’ glo al lank besig

Die sogenaamde “voordeurbende” wat veral op Sondae by huise inbreek deur die voordeur oop te breek en vinnig besittings steel voor hulle vlug, is glo al sedert 2016 besig.

Die sogenaamde “voordeurbende” wat veral op Sondae by huise inbreek deur die voordeur oop te breek en vinnig besittings steel voor hulle vlug, is glo al sedert 2016 besig.
In die nuutste voorval is daar Sondagmiddag omstreeks 12:00 by ’n huis in Grimbeekpark ingebreek. Die sekuriteitshek en voordeur is oopgebreek, waarna die verdagtes elektroniese toestelle gegryp en vinnig gevlug het.


Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, was daar na bewering vier verdagtes wat die sekuriteitsmaatskappy met enkele sekondes gemis het. Die vorige week, ook op ’n Sondag (4 Februarie) het Mooirivier Beskerming drie klagtes hanteer waar die modus operandi dieselfde was. Op dié dag is daar by huise in Van Rooystraat, Lupinestraat en Oosthuizenstraat ingebreek. “Dit blyk dat die groep huise teiken waar inwoners nie tuis is nie. Die skuifhek word oopgedwing, waarna die veiligheidshek en voordeur oopgebreek word. Slegs TV’s, juwele en ander elektroniese ware word gesteel. Daar is gewoonlik drie of vier verdagtes wat binne sekondes deur die huis gaan en dié items gryp,” het Haefele gesê.
Mooirivier Beskerming se statistieke wys dat daar al 24 sulke inbrake sedert 2016 was. Die areas waar die meeste inbrake plaasvind is Van der Hoffpark, Grimbeekpark en Mooivalleipark.
“Dit lyk nie asof die inbrake ’n beplande operasie is nie, maar eerder ’n geleentheid waarop toegeslaan word.
Die frekwensie van dié inbrake vind al hoe nader aan mekaar plaas en ons versoek dat, veral op Sondae, vreemde voertuie dadelik gerapporteer word,” het Haefele gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button