NewsNews

Betogers dreig om water af te sit

Die lede van Nehawu wat by die departement Water en Sanitasie werksaam is, is al sedert Donderdag besig met 'n staking oor verskeie kwessies wat nie met die departement uitgeklaar kon word nie.

Die lede van Nehawu wat by die departement Water en Sanitasie werksaam is, is al sedert Donderdag besig met ‘n staking oor verskeie kwessies wat nie met die departement uitgeklaar kon word nie.

Dié is ‘n nasionale staking wat lede in Potchefstroom insluit. Daar was vanoggend (12 Maart) omstreeks 08:00 omgeveer 50 betogers in Chris Hanistraat wat voor die departement se kantoor betoog het.

Volgens een van die betogers beplan hulle om aan te gaan met die staking tot daar aan hulle eise voldoen is. Hulle het selfs gedreig om die watertoevoer na die stad toe af te sny indien hulle nie antwoorde van die departement af kry nie.

Die betoging het vreedsaam voor die gebou aangegaan alhoewel die  polisie ook op die toneel teenwoordig was. Twee bande is ook voor die gebou se ingang verbrand.

Die betogers eis onder meer dat uitkontraktering van werk nie plaasvind nie.

Volgens Nehawu se webtuiste probeer hulle al sedert verlede jaar sonder sukses om met die departement onderhandel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button