NewsNews

Roekelose “polisieman” laat damestudent skrik

“Hy het al meer roekeloos begin raak en ons van die pad probeer druk en inhok.”

“Hy het al meer roekeloos begin raak en ons van die pad probeer druk en inhok.”
So vertel ’n damestudent oor haar ervaring nadat ’n man in ’n ongemerkte voertuig met ’n blou lig op die dak hom as ’n polisiebeampte voorgedoen het. Volgens die student, wat anoniem wil bly uit vrees vir haar veiligheid, was sy en ’n vriendin Dinsdagaand 20 Maart omstreeks 23:00 op pad huis toe, toe ’n jong man met donkerbruin hare verby hulle gery het.


“Hy het ’n blou lig wat flikker aan die bestuurderskant op sy motor se dak gehad. Hy het begin skree, ‘het julle gedrink?’’ Volgens haar het hulle net verder gery, maar die man het ’n u-draai gemaak en weer agter hulle aangery. “Hy het verskeie kere voor ons ingery, probeer om ons van die pad af te druk en op ons geskree. Ons was eers onder die indruk dat dit studente is wat probeer snaaks wees. Later het ons egter bedreig en onveilig begin voel omdat hy al hoe meer roekeloos geraak en heeltyd probeer het om ons van die pad af te druk,” vertel die student.

Mense wat hul as polisiebeamptes voordoen, was al by ernstige misdade in Potchefstroom betrokke. In 2016 het die Herald berig oor ’n student wat verkrag is deur ’n man wat hom as ’n polisiebeampte voorgedoen het. Volgens wet mag slegs polisiebeamptes, militêre polisiebeamptes of verkeersbeamptes in die uitvoering van hulle pligte blou ligte op voertuie gebruik. Volgens Malcolm Grimbeek, hoof van verkeer in Potchefstroom, kan iemand wat nie gemagtig is om ’n blou lig op ’n voertuig te gebruik nie, summier vir die oortreding toegesluit word.
Chaka sê iemand wat onder enige omstandighede onveilig voel, kan na hul naaste polisiestasie of besige area ry.

Volgens haar het hulle die voertuig begin afneem, waarna die man die blou lig afgesit en weggejaag het. Sy het kort na die voorval mense op Facebook teen die man se optrede gewaarsku. Volgens haar het sy nie ’n amptelike klag by die polisie gaan lê nie. “Ek het daaraan gedink om polisie toe te gaan, maar dink dit is nou meer ’n strafsaak wat die staat kan verder vat. Die polisie is ook nou daarvan bewus gemaak,” het sy gesê.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is dit ’n baie ernstige oortreding om jou as ’n polisiebeampte voor te doen en kan tronkstraf opgelê word. Volgens hom is niemand nog in hegtenis geneem nie. Hy het wel inwoners gemaan om sodra hulle vermoed dat iemand hulleself voorgee as ‘n polisiebeampte om dadelik die polisie te laat weet sodat ‘n ondersoek geloots kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button