
Die Nederduitsch Hervormde Kerk het op Dinsdag, 1 Mei weer hul gewilde jaarlikse motorskou aangebied. Honderde mense het bymekaar gekom om die verskeidenheid motors, nuut en oud, te kom aanskou.
Daar was ook kosstalletjies wat heerlike kos verkoop het, ’n antiekveiling en verskeie ander kunstestalletjies. Die kerkplein was volgepak op dié sonnige vakansiedag, terwyl verskeie musikante vermaak verskaf het.










At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



