NewsNews

Rower 10 jaar agter tralies

’n 28-jarige man wat aan roof skuldig bevind is, is op 18 April tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis.

’n 28-jarige man wat aan roof skuldig bevind is, is op 18 April tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het Phumo Setlae in Julie verlede jaar ’n man met ’n voorwerp oor die kop geslaan, waarna hy hom van sy selfoon en kontant beroof het.


“Die man was vanaf Taaiboschbult op pad waar hy woon, toe hy deur Setlae aangeval en beroof is.
Setlae was uit op borgtog ten tyde van die roof. Hy is vroeër in 2017 vir die besit van onwettige dwelms aangekla.
Volgens Chaka het goeie ondersoek van sers. Winnie Rakate tot die inhegtenisname en veroordeling gelei.
“Brig. Steven Moodley, stasiebevelvoerder in Potchefstroom, het al die beamptes wat by die saak betrokke was, gelukgewens met die goeie werk wat hulle gedoen het,” het Chaka gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button