NewsNews

Man dood na hy van trok val

’n Man is Vrydagoggend (27 April) omstreeks 08:00 in Ikagengweg dood toe hy agter van ’n trok afgeval het.

’n Man is Vrydagoggend (27 April) omstreeks 08:00 in Ikagengweg dood toe hy agter van ’n trok afgeval het.

 


Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie op die toneel gekom waar hulle ’n man in die middel van die pad aangetref het.
“Hy het in ’n plas bloed gelê,” het Chaka gesê. Volgens die bestuurder van die trok het die man agter op die trok gery. Toe hy om die draai ry, het hy gesien hoe die man van die trok val.
Die man is op die toneel dood verklaar. “Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag,” het Chaka gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button