NewsNews

Die Haasbroek-gesin kort nogsteeds jou hulp

Daar is ‘n fonds gestig om ons te help om vir die operasie te betaal, waarvan ons ‘n fantastiese R125 000 ontvang het waarvoor ons oneindig dankbaar is. Hierdie gelde word nou benut om te help met die afbetaling van die rekeninge. Ongelukkig skuld ons steeds R204 894.03 wat ons glad nie kan bekostig nie. As enige iemand bereid is om te help, kan donasies gemaak word in ‘n Absa tjekrekening.

Jolanda Haasbroek skryf:
Ons bondeltjie vreugde, Jano Haasbroek, is op 1 Junie vanjaar met ‘n hartdefek gebore.
Die twee hoofare wat in en uit die hart gaan was omgeruil en daar was ‘n gaatjie tussen die twee boonste hartkamers.
Hy is op 2 Junie na die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas, een van die enigste twee hospitale in die land wat oor die fasiliteite en dokters beskik om sulke gevalle te behandel.
Ongelukkig het Jano se toestand na vier dae dramaties verswak toe sy een longetjie platgeval het. Van daar is hy op ‘n masjien geplaas wat die bloed uit sy liggaam pomp en suurstof insit en dan weer terugpomp na die hartjie. Die hoop was dat dit die stremming van sy longe sou afhaal om hulle tyd te gee om te herstel.

Die beriggie wat versprei was die tyd wat Jano in die hospitaal was. Die Haasbroek gesin kort wel nogsteeds jou hulp.

Ons is op 8 Junie meegedeel dat sy ope-hartoperasie om die are om te ruil, geskeduleer is vir Maandag, 11 Junie.
In daardie stadium het die mediese fonds ons ingelig dat ons fondse die limiet bereik het en het ons hospitaalrekening reeds op R497 000 gestaan. Hulle wou hom na ‘n staatshospitaal oorplaas, wat onder geen omstandighede kon gebeur nie. Jano was in so ‘n kritieke toestand dat hul hom glad nie kon optel nie.
Die dag voor die operasie geskeduleer is, het ons ongelukkig hartverskeurende nuus ontvang. Jano se een longetjie was besig om dood te gaan en was die kans vir hom om die ope-hartoperasie te oorleef, baie skraal.
Indien hy die operasie sou oorleef, was sy kans op herstel daarna feitlik nul. Nadat vier spesialiste ingeroep is om die situasie te evalueer, het hulle gevind dat ons seuntjie vir te lang tye met lae suurstofvlakke was, wat breinskade veroorsaak.
Ons het die besluit geneem om te kyk of sy longetjies sal kan asemhaal en het hulle die masjien wat hom gehelp het, afgehaal.
Ongeveer twee ure later is ons klein lyfie deur die Here kom haal hier op aarde om in die ewige paradys saam met hom te gaan woon.
Ons het met ‘n groot skok die rekeningstaat ontvang wat op ‘n totaal van R742 285.91 staan, waarvan die mediese fonds slegs R412 391.88 beskikbaar het om te betaal.
Daar is ‘n fonds gestig om ons te help om vir die operasie te betaal, waarvan ons ‘n fantastiese R125 000 ontvang het waarvoor ons oneindig dankbaar is. Hierdie gelde word nou benut om te help met die afbetaling van die rekeninge.
Ongelukkig skuld ons steeds R204 894.03 wat ons glad nie kan bekostig nie. As enige iemand bereid is om te help, kan donasies gemaak word in ‘n Absa tjekrekening.
Die rekeningnommer is 4079515872 en die takkode 632005. Die rekening se naam is J. Swart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button