NewsNews

Vrou langs die pad verkrag

'n Vrou is Sondagoggend (12 Augustus) omstreeks 02:00 langs die Lindequesdrifpad verkrag.

‘n Vrou is Sondagoggend (12 Augustus) omstreeks 02:00 langs die Lindequesdrifpad verkrag.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die vrou van ‘n kuierplek af op pad huis toe. ‘n Man het haar van agter af gegryp waarna hy haar begin wurg het.

Die man het haar langs die pad vas gedruk waar hy haar begin verkrag het.

“Die man het geskrik vir ‘n voertuig wat verby gery het. Hy het weg gehardloop en probeer wegkruip,” het Manyoba gesê.

Alhoewel die man probeer wegkruip het, het die polisie daarin geslaag om hom vas te trek. Hy is steeds in aanhouding en ‘n saak van verkragting word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button