NewsNews

Man vir dood gelos na skietery

'n 38-jarige man is Donderdagaand langs die pad op die N14 op pad Boskop toe, gelos nadat hy twee skietwonde opgedoen het.

‘n 38-jarige man is Donderdagaand langs die pad op die N14 op pad Boskop toe, gelos nadat hy twee skietwonde opgedoen het.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die man omstreeks 20:00 langs die pad gestop nadat sy voertuig gaan staan het. Volgens haar het daar ‘n wit quantum bussie verby gery wat op die man begin skiet het.

Hy is in die bors en maag raak geskiet.

“Gelukkig kon hy daarin slaag om die nooddienste te ontbied wat hom na Ventersdorp hospitaal geneem het waar hy tans nog aansterk,” het Manyoba gesê.

Volgens haar is dit nog onduidelik wat die motief agter die skietery was. Nog niemand is in hegtenis geneem nie maar ‘n saak van poging tot moord word ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button