NewsNews

Polisie trek beweerde kleredief by MooiRivier Mall vas

Die polisie het Vrydag 2 November omstreeks 16:00 ’n man by MooiRivier Mall vasgetrek wat verskeie vermoedelik gesteelde items in sy besit gehad het.

Die polisie het Vrydag 2 November omstreeks 16:00 ’n man by MooiRivier Mall vasgetrek wat verskeie vermoedelik gesteelde items in sy besit gehad het.

Volgens polisiewoordvoerder, ao. Mpho Manyoba, is hulle Vrydagmiddag na die winkelsentrum ontbied toe sekuriteitspersoneel ’n verdagte voertuig in die sentrum se parkeerarea opgemerk het.

“Die motor het van een plek na ’n ander in die parkeerarea beweeg en twee mans en ’n vrou het die hele tyd goedere in die motor gelaai,” sê Manyoba.

Die motor se kattebak was vol klere wat na bewering gesteel is. Foto’s: Mpho Manyoba
Die motor se kattebak was vol klere wat na bewering gesteel is. Foto’s: Mpho Manyoba

Die polisie het die motor deursoek en ’n sak wat omlyn was met foelie, in die motor se kattebak gevind. Binne die sak was verskeie kledingstukke van ’n verskeidenheid klerewinkels in die sentrum.

“Die bestuurder van die voertuig kon nie bewyse van betalings aan die polisie verskaf of verduidelik waar die klere vandaan kom nie,” sê Manyoba.

Daar was ook nommerplate van ’n gesteelde voertuig in die kattebak. Die bestuurder is deur die polisie in hegtenis geneem. Woordvoerder van Mooirivier Mall, Ryno Meiring, het die voorval bevestig. Manyoba sê hulle het oor die naweek tydens ‘n gesamentlike operasie met die provinsie 49 verdagtes vir verskeie misdade in Potchefstroom in hegtenis geneem.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button