VLU Leeuharttak vroue word beloon
Dit is altyd lekker om ietsie vir jou harde werk deur die jaar te kry en die dames van die VLU Leeuharttak het omtrent hard gewerk.
Gedurende die jaar neem die vroue van die Leeuharttak van die Vroue Landbou-unie (VLU) aan kompetisies deel om punte in te samel vir die einde van die jaar se prysuitdeling wat elke jaar ’n hoogtepunt is. Tydens hul laaste algemene takbyeenkoms vanjaar is die vroue vir hul harde werk gedurende 2018 beloon.
Die volgende vroue het trofees ontvang:
Annatjie Fouche, (kombuis), Elsa Reinecke, (masjienwerk) – Elize Oosthuizen, (kunsvlyt) – Santie Scheepers, (blommerangskikking) – Susan Vlok, (fotografie) – Annatjie Fouche, (ope) – Kinnie Yssel, (skryfkuns) – hoogste punte vir ‘n artikel: Elize Oosthuizen vir handvlyt en Annatjie Fouche vir ‘n warm nagereg. Die volgende lede het ook ‘n goue koekvurkie ontvang vir ‘n totaal van 1 000 plus punte: Elize Oosthuizen, Elsa Reinecke, Annatjie Fouche, Jacoba Ras, Susan Vlok en Elsie Buijs. Die algehele wenner was Elize Oosthuizen.
Die vroue sê daar kan met groot dankbaarheid teruggekyk word na ‘n baie geseënde jaar.



