NewsNews

Mooirivier Kersmark vier hul 10de verjaarsdag!

Besoek gerus vanjaar die tiende Mooirivier Kersmark in Potchefstroom vanaf Vrydag, 30 November tot Saterdag, 8 Desember. Die mark is daagliks oop vanaf 09:00 tot 20:00, behalwe op Sondag (2 Desember) wat ons gesluit is en die laaste Saterdag (8 Desember) wat die mark om 16:00 sluit. Ons restaurant is ook weer gereed om heerlike, bekostigbare ligte etes te verskaf! Kom geniet ‘n ligte ete of koffie en stukkie koek saam met vriendinne en kollegas.

Kom geniet die eerste dag van Mooiriver Kersmark se agt dae inkopie ervaring vanaf Vrydag 30 November in Paryslaan. Overvaal Stereo saai vanaf 13:00 tot 17:00 by die Kersmark uit.
Dié Kersmark is ‘n inkopieparadys en ‘n geleentheid waar inkopiegangers vir elke familielid ‘n bekostigbare en unieke geskenk kan uitsoek.
Hier bring ons uitgesoekte uitstallers oor die hele land onder een dak bymekaar met hul beste en unieke produkte. Met sowat 90 stalletjies sal besoekers teen sakpaspryse onder meer opvoedkundige speelgoed, mansgeskenke, pragtige dekor-produkte, heerlike lekkernye, klere en bykomstighede kan koop.
Besoek gerus vanjaar die tiende Mooirivier Kersmark in Potchefstroom vanaf Vrydag, 30 November tot Saterdag, 8 Desember. Die mark is daagliks oop vanaf 09:00 tot 20:00, behalwe op Sondag (2 Desember) wat ons gesluit is en die laaste Saterdag (8 Desember) wat die mark om 16:00 sluit. Ons restaurant is ook weer gereed om heerlike, bekostigbare ligte etes te verskaf! Kom geniet ‘n ligte ete of koffie en stukkie koek saam met vriendinne en kollegas.
Die gewilde “Die Tafel” is weer by die mark, waar jy vanaf 17:30 ‘n heerlike aandete kan koop en ook kan wegneem huis toe. Onthou: solank voorraad hou – wees daarom betyds daar!
Geskenkbewyse is deur die jaar beskikbaar en kan as ‘n wonderlike geskenk vir ‘n spesiale vriend of vriendin dien. Dit is beskikbaar by die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos, in Paryslaan.
Hou gerus hierdie datums oop vir die aankoop van Kersgeskenke en allerlei lekker-om-te-eet produkte. Ons is baie opgewonde en hoop om jou daar te sien!
Vir enige verdere navrae skakel Adele Delport by (018) 290 7690.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button