CommunityEntertainmentLifestyleNewsNews

‘n Stukkie geskiedenis vir jou Kerskous dié jaar

Die boek kos R280 en dit bestaan uit 240 bladsye se geskiedenis en agtergrond. Die boek is ook baie interaktief, want dit bevat ’n vasvra-afdeling om die lesers se kennis te toets.

Zoë Taljaard
Is jy nuuskierig oor die geskiedenis van Potchefstroom? Dan is Lennie Gouws se boek, Stories van Potchefstroom, net die regte boek vir jou.
Dit is ook die ideale geskenk, geskik vir enigiemand wat meer oor Potchefstroom wil weet.
Die boek is tweetalig en bevat 50 artikels met 260 foto’s. Dit bevat ’n tydlyn van gebeure in Potchefstroom, asook ’n paar interessante feite oor die destydse dorp wat later ook stadstatus gekry het.
Die boek kos R280 en dit bestaan uit 240 bladsye se geskiedenis en agtergrond. Die boek is ook baie interaktief, want dit bevat ’n vasvra-afdeling om die lesers se kennis te toets.
So, as jy wonder oor hoe oud sekere geboue in Potchefstroom is, of wanneer Potchefstroom ontstaan het, is hierdie boek ’n moet!
Daar is baie debat gevoer oor hoe oud presies Potchefstroom is en in dié boek word hierdie misverstand opgeklaar.
In die boek word onder meer vertel hoe Potchefstroom aan sy naam gekom het, asook ander aansprake van waar die naam vandaan kom.
Die boek skep ook konteks oor baie van die plekke in Potchefstroom omdat dit die geskiedenis kombineer met die huidige stand van sake.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button