NewsNews

Heelwat minder diere op straat op Oujaarsaand

Slegs sewe diere is tydens die Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) se jaarlike patrollies op Oujaarsaand gevind.

Slegs sewe diere is tydens die Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) se jaarlike patrollies op Oujaarsaand gevind.

Die idee agter dié inisiatief is om diere wat skrik vir vuurwerke en in die straat eindig veilig te hou totdat die diere se eienaars hulle kan opeis.

Volgens Herman van der Sluis, bestuurder van Paws, was daar vanjaar  ‘n skerp daling in die hoeveelheid diere wat op straat, tydens Oujaarsaand, gevind is.

“In vergelyking met verlede jaar se 23 het ons slegs sewe diere in die straat gevind. Ek dink die mense word meer bewus van hoe om diere tydens dié tydperk veilig te hou. Ons het ook orals kennisgewings op gesit wat vir mense verskeie wenke oor hulle diere se veiligheid gegee het,” het hy gesê.

In samewerking met ‘n span van ongeveer 40 vrywilligers kon die span van Paws ‘n baie groot area dek. In sommige gevalle is die diere dadelik aan die eienaars terug besorg.

Slegs drie van die diere is nog nie deur eienaars opgeëis nie

Die reun is in Vyfhoek gevind maar sy eienaar is ook nog nie gevind nie
Die wyfiekat is in Paryslaan opgetel. Haar eienaars het haar ook nog nie kom haal nie.

 

‘n Reun wat naby die OK in ie Bult omgewing gevind is, se eienaar is nog nie gevind nie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button