Die voormalige Springbok kaptein en slot, Johan Claassen is vandag (6 Januarie) op die ouderdom van 89 oorlede.
Claassen was die oudste oorlewende Springbok-slot en hy was as speler bekend vir sy harde spel waar hy alles op die veld gegee het.
Vanaf 1955-1962 verteenwoordig hy die Springbokke in 28 toetse en word nie een keer uit die span gelaat nie. Hy het ook nege keer die span as kaptein met vermelding na vele bekende oorwinnings gelei.
Hy het in 105 wedstryde vir Wes-Transvaal gespeel en was ook vanaf 1977-1998 president van die Wes-Transvaal Rugbyunie.
Claassen het die Springbokspan van 1968-1976 afgerig en met ‘n skerp rugbybrein groot sukses behaal met 17 oorwinnings, drie gelykop uitslae en slegs ses nederlae.
Claassen los ‘n groot leemte in SA rugbykringe en sal vir altyd as een van die groot geeste van SA Rugby beskou word.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/33947/johan-claassen-die-weste-se-lewende-springboklegende/



