
Taxibestuurders het vanoggend (9 Januarie) omstreeks 10:30 ‘n pad versper nadat ‘n bakleiery tussen sogenaamde rooftaxis en wettige taxis in Zinnstraat ontstaan het.
Die wettige taxibestuurders is ontsteld omdat rooftaxis steeds besigheid doen. Die polisie en plaaslike verkeersbeamptes is na die toneel ontbied.
Die situasie is kort na die aankoms van die beamptes ontlont. Die pad is nou weer oop vir gebruik. Die Herald het al menige kere oor die dreigende geweld tussen taxi-eienaars berig. Wettige taxi-eienaars het in Oktober verlede jaar ook betoog teen wat hulle meen die tekort aan optrede deur plaaslike amptenare.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/53455/oorlog-kan-enige-tyd-uitbreek-se-taxi-eienaars/
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/49268/illegal-taxis-cause-headache-operators-committee/
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/54142/taxi-owners-demand-protection-illegal-operators/
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/video_of_the_day/video-taxi-owners-march-illegal-taxis-potchefstroom/




