NewsNews

Onderwyser by Laerskool Schweizer na foto-herrie geskors

ʼn Onderwyser van die Gr.R klas by die Laerskool Schweizer-Reneke waar dit blyk asof swart en wit kinders in die klas volgens ras geskei is, is vandag (10 Januarie) geskors hangende ʼn ondersoek na die omstrede foto.

ʼn Onderwyser van die Gr.R klas by die Laerskool Schweizer-Reneke waar dit blyk asof swart en wit kinders in die klas volgens ras geskei is, is vandag (10 Januarie) geskors hangende ʼn ondersoek na die omstrede foto.

Sello Lehari, LUR vir Onderwys in Noordwes, het Donderdag die skool besoek om met die hoof te vergader.

Volgens Lehari is daar tydens dié vergadering aan hom verduidelik dat die vier swart kinders eenkant gesit het omdat hulle nuwe inskrywings is wat nog nie Afrikaans of Engels kon praat nie.

Lehari het aan ʼn groep betogers op die skoolgrond gesê dat die verskoning nie aanvaar word nie.

Verskeie ouers het hulle kinders by die skool kom haal nadat ongeveer 150 betogers die perseel betree het. Volgens ʼn ooggetuie het betogers teen 10:30 vreedsaam betoog. Ander foto’s waar die kinders van verskillende rasse bymekaar sit is na die tyd op sosiale media ook gedeel. Baie ontevredenes glo egter dat dit gedoen is om die skade wat die reaksie op die ander foto gedoen het te bekamp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button