NewsNewsUpdateBreaking News

HK-lede nie meer Caput nie

Nege huiskomitee-lede van Caput manskoshuis wat na ń beweerde ontgroeningspraktyk geskors is, is finaal terug in hulle posisies.

Nege huiskomitee-lede van Caput manskoshuis wat na ń beweerde ontgroeningspraktyk geskors is, is finaal terug in hulle posisies.

Volgens Louis Jacobs, direkteur van korporatiewe kommunikasie van die NWU, is ń tugverhoor Vrydag (8 Februarie) afgehandel.

“Omdat die Kampus studenteraad reeds ń verbale waarskuwing aan die HK-lede gegee het, het die dissiplinêre komitee besluit dat geen verdere stappe teen die HK-lede geneem sal word nie,” het Jacobs in ń verklaring gesê.

Die HK-lede is voorlopig geskors na verwarmers glo in die koshuis se ontspanningsaal aangeskakel was, terwyl hulle met ń groep eerstejaars gepraat het.

Kort na die voorval is die skorsing opgehef, maar die universiteit het daarna besluit om met ñ tugverhoor aan te gaan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button