NewsNewsRegional News

Boere en werkers in hof oor moord

Sewe beskuldigdes, waaronder boere en plaaswerkers het gister (12 Februarie) in die Vryburg landroshof op aanklag van moord verskyn.

Sewe beskuldigdes, waaronder boere en plaaswerkers het gister (12 Februarie) in die Vryburg landroshof op aanklag van moord verskyn.

Die groep mans word daarvan verdink dat hulle by die moord op Ben Molwele (56) betrokke was.

Volgens Kol. Adele Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, is Molwele op 17 Januarie vanjaar deur familielede as vermis aangemeld.

Die polisie het inligting ontvang dat Molwele en twee ander mans deur plaaswerkers in ʼn stoor op ʼn plaas in die omgewing gevind is. Die mans is deur die werkers gejaag en uiteindelik gevang. Daar word beweer dat boere deur die werkers gekontak is nadat Molwele gevang is. Verder word beweer dat Molwele aangerand is waarna hy langs die pad gelos is.

Molwele se lyk is op 10 Februarie omstreeks 10:00 langs die pad gevind. Kort nadat die lyk ontdek is, het die polisie die verdagtes in hegtenis geneem.

Al sewe beskuldigdes sal weer 15 Februarie in die hof verskyn. Almal bly in aanhouding behalwe een wat weens swak gesondheid slegs gewaarsku is om die hofdatum by te woon.

Die Noordwes kommissaris, lt. Genl. Baile Motswenyane, het gemeenskapslede gemaan om nie wet in eie hande te neem nie.

“Die polisie sal nie huiwer om streng teen misdadigers op te tree nie,” het Motswenyane gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button