
Twee sussies (19 en 20 jaar oud) is vroeg Vrydagoggend (8 Februarie) beseer toe twee gewapende rowers hulle op die Bult aangeval het.
Die sussies en hul vriendin, al drie studente aan die NWU se Potchefstroomkampus, het van ‘n kuierplek waar hulle die aand gewerk het terug na hul koshuis in Steve Bikostraat gestap.
Reg voor die koshuis se ingang is hulle deur twee rowers aangeval. Die vriendin kon wegkom maar die ouer suster is twee keer met ‘n mes gesteek en haar jonger suster se kop is teen die grond geslaan.
Beide is van hul selfone beroof.
*Lees meer in volgende week se Herald.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



