NewsNews

Drie beseer in ongeluk vanoggend op N12

Drie mans is vanoggend (4 Maart) in 'n ongeluk waarin twee motors en 'n bakkie betrokke was beseer.

Drie mans is vanoggend (4 Maart) in ‘n ongeluk waarin twee motors en ‘n bakkie betrokke was beseer.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die ongeluk vroeg vanoggend op die N12 hoofweg sowat 15km buite Potchefstroom plaasgevind.

ER24 paramedici het 05:50 by die toneel gekom. Die een motor en die bakkie is aan die kant van die pad gevind. Die ander motor was aan die oorkant van die pad.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/58587/drie-bejaardes-kop-aan-kop-botsing-oorlede/?fbclid=IwAR3wcBae_NZx61ew85N_aG04JKSlIQYwFPiGwexCR1ni3f04etGJ81sR3g4

Paramedici het die insittendes van die voertuie ondersoek en bevind dat drie mans ligte tot matige beserings opgedoen het. Gelukkig is niemand ernstig beseer nie.

Die pasiënte is behandel en na Mediclinic Potchefstroom en Potchefstroom Hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Die polisie was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Die ander motor wat in die ongeluk betrokke was. FOTO: Verskaf/ER24
Die ander motor wat in die ongeluk betrokke was. FOTO: Verskaf/ER24

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button