
‘n Damesstudent is vanmiddag (12 Maart) in Gerrit Dekkerstraat naby die NWU se Potchefstroomkampus beroof.
Volgens ‘n ooggetuie het die student voor ‘n kerk in dié straat verby geloop. Sy was op pad na haar woonplek.
Terwyl sy geloop en luister het na ‘n boodskap op haar foon het ‘n motor in die straat langs haar stilgehou. ‘n Man het uit die motor gespring, haar selfoon uit haar hand uit gegryp waarna hy terug in die motor gespring het.
Die motor het ‘n U-draai gemaak en weggejaag.
Die student het ‘n klag van roof gaan aanmeld.
*Lees meer oor die voorval in vandeesweek se Herald.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



