NewsNewsBreaking News

Twee raadslede in ernstige ongeluk beseer

Twee raadslede van die JB Marks Stadsraad was Donderdag (28 Maart) in ‘n ernstige motorongeluk betrokke toe hul motor met ‘n aankomende voertuig gebots het.

Venessa van der Westhuizen

Twee raadslede van die JB Marks Stadsraad, Dathini Gwili en Leshomo Pule, was Donderdag (28 Maart) in ‘n ernstige motorongeluk betrokke toe hul motor met ‘n aankomende voertuig gebots het.

Die ongeluk het omstreeks 15:30 op die N12 tussen Orkney en Potchefstroom plaasgevind.

Twee werkers van Gemeenskapsontwikkeling, Tshidi Matsofe en Pule Modise, was saam met hulle in die motor. Matsofe is steeds in die hospitaal.

Leshomo het ernstige beserings opgedoen en is in die intensiewe-eenheid van die Medi-Clinic hospitaal opgeneem. Gwili is dieselfde dag ontslaan.

Lees meer in volgende week se Potchefstroom Herald.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button