NewsNews

Moord van ma laat gemeenskap in skok

Die moord van 'n ma van twee het die gemeenskap van Promosa in skok gelaat.

Die moord van ‘n ma van twee het die gemeenskap van Promosa in skok gelaat.

Natalie Diamond (35) is na bewering Sondagmiddag (28 April) deur haar vriend Carlo Amier (35) met ‘n skoenveter verwurg.

Amier het glo later selfmoord gepleeg. 

Nie een van die oorledenes se gesinne wou kommentaar oor die voorval lewer nie.
Volgens
kapt. Sam Tselanyane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Diamond se familie na die buitekamer, waar sy en Amier gewoon het, gegaan. 

“Met hul aankoms was die deur gesluit en hulle dit toe oopgebreek. Hulle het Diamond se lyk in die kamer gevind. Sy is glo met skoenveters verwurg en hulle het die saak by die polisie aangemeld”, het hy gesê.
Volgens Tselanyane het Amier omstreeks 13:30 sy neef gebel
en glo vir hom gesê om hom by Promosa Dam te ontmoet. Met aankoms het hy Amier aan ‘n gordel in ‘n boom naby die water gesien hang.
Hy het die gordel gesny in die hoop dat sy neef nog lewe
, maar ongelukkig was hy reeds dood”, het Tselanyane gesê.
Die polisie het ondersoek ‘n saak van moord en het
ook ‘n geregtelike doodsondersoek ingestel.

Volgens Glenville Fransman, ‘n gemeenskapsleier, is Promosa in skok oor die voorval. Hy het die gemeenskap ook gemaan om nie gerugte of bewerings te versprei nie.
Fransman
het Amier beskryf as ‘n persoon wat altyd geglimlag het.

“Natalie was ‘n stil persoon met ‘n pragtige geaardheid. Sy was baie lief vir modelwerk.
Ons het pyn en hartseer oor wat gebeur het,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button