NewsNews

Liewe Potchefstroom, kom help!

Liewe Potchefstromer, ons het JOU hulp nodig!

Prof. Juaneé Cilliers

Liewe Potchefstromer, ons het JOU hulp nodig!

Teen díe tyd is elke Potchefstromer al hopelik deeglik bewus van hoe baie mense hulle bes doen om ons dorp weer mooi te maak, skoon te maak en ‘n beter leefplek te maak vir ons almal wat onsself “Potchefstromers” noem.
Daar is verskeie groepe en rolspelers werksaam in ons dorp. Miskien het julle van hulle al so in die verbyry op ‘n Saterdag gesien werk. Ander groepe werk gedurende die week, almal in verskillende areas, stil-stil besig om ‘n verskil te maak en Potchefstroom te herstel.

Die goeie nuus is dat hierdie rolspelers tans werk aan ‘n plan om die sinergie tussen die onderskeie groepe te versterk, ten einde ‘n nóg groter impak in ons dorp te kan maak. Ons gaan die planne ontvou in die komende weke, so hou hierdie kolom asook die Facebookblad “Liewe Potchefstroom” dop.

As vertrekpunt het ons JOU hulp nodig!

Voor en na die verfwerk begin het.
Voor en na die verfwerk begin het.

Al die mense wat deel is van hierdie projekte doen dit suiwer uit vrye wil. Geen vergoeding. Geen verwagting. Hulle doen dit omdat hulle glo in ‘n beter omgewing en omdat hulle weet hulle kan SELF ‘n verskil maak. Die poel van mense wat bereid is om deel te wees van hierdie soort projekte is maar redelik klein, want natuurlik het ons almal “lekkerder” dinge om te doen op ‘n Saterdagoggend of “belangriker” afsprake om na te kom.

Ander mense dink dis ‘n spesifieke besigheid of instansie wat die opruimwerk of skoonmaakwerk doen wat, in Potchefstroom se geval, die teendeel is. Mense wat hierdie projekte aanpak is gewone “Potchefstromers” wat bereid is om ‘n deel van hul tyd en hul energie op te offer vir die dorp waarvoor ons elkeen so lief is.

So ons nooi JOU uit. Kom help die paaie verf! Kom help die parke skoonmaak! Kom help ons kinders leer van omgewingsbewaring! Ons kort hande om ‘n groter verskil te kan maak.

Die finale produk.
Die finale produk.

Een van die groepe wat elke Saterdag werk is DTB (Dipuo Tsa Botlha).
Hierdie groep fokus op die verfraaiing van die omgewing en die opknapping van lyne op ons paaie. Uit eie fondse en met borgskappe van sekere plaaslike besighede voorsien hulle die verf, kwaste en skoonmaakmiddels.

Wat kort hulle? Meer hande om te help verf! Liewe Potchefstroom, kom help! Kyk gerus op die Facebookblad van DTB waar hulle eerskomende Saterdag om 08:00 werksaam gaan wees en kom help. Al is dit vir 10 minute, kom maak jou merk en verf ‘n lyn! Vir meer inligting kontak dtbforgod@gmail.com of juanee.cilliers@nwu.ac.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button