CommunityNewsNewsPhoto Galleries
Meeste reën ooit vir Aprilmaand
Daar het hierdie jaar in Aprilmaand 228mm reën geval, terwyl die gemiddelde reënvalsyfer vir April gewoonlik slegs 57mm in Potchefstroom is. Dit is 161mm meer as wat dit gewoonlik in Aprilmaand reën.

Volgens reënvalsyfers sedert 1965, was die reënval die afgelope Aprilmaand die hoogste wat dit nog ooit was. Daar het in April 228mm reën geval, terwyl die gemiddelde reënvalsyfer vir April gewoonlik slegs 57mm in Potchefstroom is. Dit is 161mm meer as wat dit gewoonlik in Aprilmaand reën.
Die reënvalsyfers vanaf Januarie-Maart 2019 lê naby aan die syfers wat gewoonlik gemeet word: Januarie 102mm (gemiddeld 122mm); Februarie 121mm (gemiddeld 104mm) en Maart 56mm (86 gemiddeld).
Die meeste reën wat nog ooit in ‘n maand geval het, was Maart 2000 toe dit 261mm gereën het. Die naashoogste reënval was in Desember 2001 wat 226mm gemeet het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



