NewsNews

Jong vrou doen tweedegraadse brandwonde op tydens huisbrand

'n Jong vrou is vanoggend (13 Mei) omstreeks kort na middernag hospitaal toe geneem nadat sy erge brandwonde opgedoen het.

‘n Jong vrou is vanoggend (13 Mei) omstreeks kort na middernag hospitaal toe geneem nadat sy erge brandwonde opgedoen het. 

Dit nadat die kombuis in die huis waar sy in Vanderhoffpark woon begin brand het. Volgens Diana King, woordvoerder van Mediclinic Potchefstroom, is haar toestand stabiel. 

“Sy is vroeg vanoggend in die hospitaal opgeneem. Sy het tweedegraadse brandwonde op beide haar arms en hande opgedoen,” het King gesê. 

Die brandweer kon die brand onder bedwang bring. 

Die presiese oorsaak van die brand is steeds nie amptelik vasgestel nie. Die brandweer sal verdere ondersoek instel.

Die vrou het verkies om vir eers nie met die Herald oor die voorval te praat nie. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button