
Potchefstroom-inwoners aan die westelike deel van die Mooirivier sal op Donderdag, 16 Mei vanaf 08:00 tot middernag geen water hê nie.
Die water word afgesny omdat ‘n nuwe waterpyp, wat water aan die Ikageng reservoirs verskaf, aan die bestaande watertoevoer van die Ventersdorppad se reservoirs gekoppel moet word. Die Ventersdorp reservoirs verskaf water aan al die westelike woonbuurte van Potchefstroom.
Areas wat geaffekteer word, is: die Bult, Kanonierspark, Dassierand, Miederpark, Suiddorp, Sentrale Besigheidsdistrik, Industriële Area, Groter Ikageng, Sarafina, Top City, Promosa, Mohadin, Uitbreiding 3, 6, 7, 11, 12 en 13.
Inwoners word aangeraai om voorsorg te tref deur water voor die tyd in houers te stoor.



